Friday, 4 October 2013

My Gunsteling Seisoen

My Gunsteling Seisoen

Somer is die beste. Dit is warm. Jy is altyd buite die huis. Die son maak die wereld ‘n helder plek.

My gunsteling sport is waterpolo. Dit is my passie en ek werk baie hard. Somer is die seisoen vir my sport. Die son is altyd uit en dit maak die water vuurwarm. My beste vriende speel in my waterpolo span en dit maak alles beter. Water polo is baie goed vir gesondheid. In die winter speel ek min waterpoloen dit is nie goed nie.

In die somer gaan baie mense strand toe. Die see is nie yskoud nie. Jy kan saam met jou vriende swem. Daar is branders en baie mense ry branderplank. Jy kan op die rots visvang. Jy kan roomy suit die ou roomys kombis koop en jy kan vir die sonsak sit en wag.
Al mense glimlag in die somer. Daar is nie reen nie. Dit is nie koud nie.  Jy hoef nie baie klere te dra nie. Die son maak jou bruin en jou hare blond. Winter maak jou sneeuwit. Die nag is baie lank in die winter en die lug is vaalgrys.


Somer is my gunsteling seisoen want ek dink dat dit my die gelukkigste maak. Ek het altyd ‘n glimlag op my gesig. Ek kan my gunsteling sport speel. Sien somer is die beste en ek brand altyd lekker bruin.

No comments:

Post a Comment