Friday, 4 October 2013

Ireland

Ierland

Ek is Iers, toe voel ek bietjie vervelig en het besluit om Ierland te doen. My naam, seamus, is die Gaeliese naam vir James. Ek was ongelukkig nog nooit in Ierland nie, maar albei my ouers is iers. Ierland is in Europa. Dit is n eiland wes van die (Verenigde Koninkryke). Die vernaamste taal is Gaelies. Dit het dieselfde weer as Engeland en dit beteken dat dit bewolk is regdeur die jaar. Ierland se nasionale simbool is die 4 blaar klawer en dit simboliseer geluk.

Ierland is bekend vir sy bier,Guinness. Hulle is ook bekend vir St Patricks Dag. Dit word regoor die wereld gevier. Dit word vernoem na Saint Patrick wat ierland gevind het. Dit is n tradisionele dag in ierland, maar dit moes eintlik n godsdienstige dag wees. Baie mense reis na Ierland toe om die dag te ervaar aangesien dit n groot feesviering in Ierland is.

Halloween was afgelei van die ierse fees,Sahain. Volgens die Ierse verjaarsdag tradisie hou die mense die verjaarsdag-kind onderstebo en stamp die kind se kop liggies volgens die kind se ouderdom om geluk te bring. DieTitanic was in Ierland gemaak. Ierland se se mees bekende musiek-groep is U2, Snow Patrol en The Script. Ierland gebruik die meeste alkohol in die wereld. In 2012 het die gemiddelde Ierse persoon 11.2 liters van suiwer alkohol gedrink. Ierland is ook bekend vir sy Leprechaun wat die skat aan die ander kant van die reenboog bewaar.

Soos julle kan sien is Ierland nie n gewone land nie. Hulle stel nie n goeie voorbeeld nie. Hulle het die Titanic gebou, het Halloween en drink die meeste. Gelukkig het hulle St Patricks day gemaak, dit is darem iets positief. 

No comments:

Post a Comment